Piet Smit - Abba Vader (Key: OR Gmaj)
Title: Abba Vader
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Piet Smit
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
More info: Piet Smit se openbare betrokkenheid in musiek het in die laat 70's begin as agtergrondsanger in Pretoria. In 1989 kom hy tot bekering en begin hom toespits op die skryf- en uitvoering van geestelike liedere.
Lyrics: Yes
Abba Vader
Ek wil net kom dankie sê
Vir die liefde, die seën
Uit U hand
Sonskyn elke môre
En elke druppel dou
Vir klein magrietjies
Se helder blommeprag
Vir 'n geelvink en 'n swaeltjie
Wat 'n nes so slim kan bou
En vir skemerrooi
Aan die einde van die dag
Abba Vader
Ek wil net kom dankie sê
Vir die troos
En die voorspraak van U gees
Vir leiding as ek sukkel
Teen die steiltes op my pad
Vir die fluister
Wat ek sag in my gees kan hoor
U gee my lewensvreugde
En vrede in my hart
En oorwinning
As dit voel of ek verloor
Abba Vader
Ek wil net kom dankie sê
Vir die Seun se liefdesoffer
Aan die kruis
Vir die sweepslae, die spykers
En elke druppel bloed
Hy't so gewillig
Daar gehang en daar gely
En dankie vir oorwinning
Oor die dood se donker graf
Want ek weet
Hy het opgestaan vir my
Daarom loof ek U
En daarom prys ek U
Uit my hart
Diep uit my hart
Ja, dankie Abba Vader
Want wat ookal gebeur
U bly altyd
Volkome in beheer
Composer: P. SMIT (MAR GOSPEL MUSIC)