Amanda Luyt - As Jy Aan Eendag Glo (Key: OR Bbmaj)
Title: As Jy Aan Eendag Glo
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Amanda Luyt
Genre: South African; Pop & Pop Rock
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Bbmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Meeste ou drome bring heimwee
Vrae verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Wie weet wat môre gebeur
As jy aan eendag glo nooit terug sal kyk
Kan selfs 'n bêredroom na 'n nuwe een lyk
Gister se bloeisels val weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo sal die lente jou vind
As jy aan eendag glo en dink aan nou
Bly daar 'n sê-nou-maar waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet oor wat voorlê moet raai
As jy aan eendag glo wag daar iets om die draai
Meeste ou drome bring heimwee
Vrae verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur
As jy aan eendag glo, bly drome waar
Dalk is jou mooiste dag net môre al daar
Al is jy nou alleen byt maar vas en vertrou
As jy aan eendag glo wag liefde vir jou
TUSSENSPEL
Gister se bloeisels val weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo sal die lente jou vind
Meeste ou drome bring heimwee
Vrae verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur
As jy aan eendag glo en dink aan nou
Bly daar 'n sê-nou-maar waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet oor wat voorlê moet raai
As jy aan eendag glo wag daar iets om die draai
As jy aan eendag glo wag daar iets om die draai
Composer: J. FRANKFRUTER/J. RELIN/T. DE VILLIERS (DE LA MUSIEK/GEMA)