top of page
Carike Keuzenkamp - Byeboerwa (Key: OR Amaj)

Carike Keuzenkamp - Byeboerwa (Key: OR Amaj)

SKU: JU-OR-NB-00597
$12.95Price

Title: Byeboerwa

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek. 
Lyrics: Yes 

 

Agtien een-en-neëntig Pelgrimsrus

Toe Byeboer uit die bed opstaan

Hy’t vas besluit hy trek hier uit

Want hy wil na die stiltes gaan

En hy pak sy wa sy ossewa Byeboerwa

Sy tent en sy donkies saam

En hy kom toe op die groot pad aan

 

Rondom Graskop daar loop sy spoor

Tussen Sabie en Malieveld

By die Krokodil-poortberg trek hy oor

En hy kom tot op Barberton

Die wiele rol sy ossewa Byeboerwa

Die kakebeen Byeboerwa

Kan die swaar vrag net-net dra

 

Die Byeboer Byeboer Byeboerwa

Blom in die hare en bye wat pla

Op sy ossewa ossewa Byeboerwa

Blom in die hare en bye wat pla

 

Agtien drie-en-neen-tig span hy uit

En maak ‘n hart-bees-huisie staan

Lebombo-berge kon hom nie stuit

By die Limpopo geil sy graan

Daar staan sy wa sy ossewa Byeboerwa

En sy hart is bly en vry

Met die stilte aan sy sy

 

Die Byeboer Byeboer Byeboerwa

Blom in die hare en bye wat pla

Op sy ossewa ossewa Byeboerwa

Blom in die hare en bye wat pla

 

Neen-tien dertig hy’s afgeleef

En Byeboer voel stok alleen

Hy mis die jolyt van Pelgrimsrus

En vryf so oor sy kakebeen

 

Maar in neen-tien dertig Pelgrimsrus

Is die dorp se gees geblus

Dis ‘n spookdorp wat in stilte wurg

Al wat oorbly is Johannesburg

Daar trek sy wa sy ossewa Byeboerwa

En sy tent en sy donkies saam

En hy kom toe op die groot pad aan

 

Die Byeboer Byeboer Byeboerwa

Blom in die hare en bye wat pla

Op sy ossewa ossewa Byeboerwa

Blom in die hare en bye wat pla

Byeboer Byeboer Byeboerwa

 

Composer: ANTON GOOSEN (A.G. MUSIEK)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page