top of page
Carike Keuzenkamp - Sjakadoem (Key: OR Dmaj)

Carike Keuzenkamp - Sjakadoem (Key: OR Dmaj)

SKU: JU-OR-NB-03006
$12.95 Regular Price
$9.95Sale Price

Title: Sjakadoem
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Eendag sê Pa muis vir sy liewe kleine vrou

Ek dink dit is hoogtyd, dat ons dogtertjie nou trou

Terwyl hul sit en dink, sê die dogtertjie bedees

Die een wat ek wil hê, moet die heel sterkste wees

Die een wat ek wil hê, moet die heel sterkste wees

 

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Wie is die sterkste man vir my

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Dis hy wat vir my gaan kry

 

Dadelik kyk hul op, asseblief meneer die son

Jy’s die grootste sterkste een

Wees tog die bruidegom

Maar hy wys na wolk, en hy skud sy kop

Want as wolk voor hom skuif, is hy in die sop

As wolk voor hom skuif, is hy in die sop

 

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Wie is die sterkste man vir my

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Dis hy wat vir my gaan kry

 

Wolk voel geëer, maar hy’s swakker as die wind

En nou probeer hul wind, in die huwelik verbind

Maar die wind sê nee, want hy word telkens gekeer

As ‘n huis voor hom verskyn, kan hy glad nie daardeur

As ‘n huis voor hom verskyn, kan hy glad nie daardeur

 

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Wie is die sterkste man vir my

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Dis hy wat vir my gaan kry

 

En hul sê vir huis neem ons dogter as jou vrou

En hy sê hy sou graag wou

Maar hy kan nie met haar trou

En hul kyk toe af

En hul sien ‘n dapper muis

Waar hy knibbel aan ‘n gat, dwarsdeur die sterke huis

Waar hy knibbel aan ‘n gat, dwarsdeur die sterke huis

 

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Muis is die sterkste een vir my

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Dis hy wat vir my gaan kry

 

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Muis is die sterkste een vir my

Sjakadoem sjakadoem, shakadoem da dei

Dis hy wat vir my gaan kry

Dis hy wat vir my gaan kry

Dis hy wat vir my gaan kry

 

Dis hy wat vir my gaan kry

 

Composer: ANTON GOOSEN (EMI)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page