top of page
Carike Keuzenkamp - Wouter Kabouter (Key: OR Cmaj)

Carike Keuzenkamp - Wouter Kabouter (Key: OR Cmaj)

SKU: JU-OR-NB-02984
$12.95 Regular Price
$9.95Sale Price

Title: Wouter Kabouter

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Wouter Kabouter het 'n blink kasteel

Waar die duiwe roep en die apies speel

Maar Wouter Kabouter wou 'n ryperd hê

Om die plek te soek waar die son gaan lê

 

Wouter Kabouter het 'n perd gaan koop

Wat trippe-trap op die lang pad loop

Maar die langstert perd het hom afgesmyt

En Wouter Kabouter het die stof gebyt

 

Waar slaap die son?

Waar gaan hy staan?

Waar is die plek waar die son onder gaan?

 

Wouter Kabouter lê plat in die pad

En hy huil hom sat dat die trane spat

Maar hy kyk toe op na die riffelpad

En daar kom sy maat Kerneels die kat

 

Kerneels die kat wil toe sommer weet

Wat die rede is vir Kabouter leed

En Wouter sê ek wou gaan kyk

Hoe dit anderkant die berge lyk

 

Want waar slaap die son?

Waar gaan hy staan?

Waar is die plek waar die son onder gaan?

 

Die kat sê toe: “Jy’s baie laf”

Maar slaan die stof van jou klere af

Klim op my rug en kom ons ry

Om die antwoord op jou vraag te kry

 

Die twee trek weg dat die stof so staan

Met die pad wat om die wêreld gaan

Oor elke land en elke see

En die son gaan mee, die son gaan mee

 

Waar slaap die son?

Waar gaan hy staan?

Waar is die plek waar die son onder gaan?

 

Hulle kom toe uit by 'n blink kasteel

Waar die duiwe roep en die apies speel

En daar is die nes van die son ontdek

Op Wouter Kabouter se eie plek

 

Want daar slaap die son

Daar gaan hy staan

Daar is die plek waar die son onder gaan

 

Composer: VAN RENSBURG/VAN DER WESTHUIZEN (EMI/BRIGADIERS)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page