Coenie de Villiers - Daar's 'n Plek (Key: -5 Dmaj)
Title: Daar's 'n Plek
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coenie de Villiers
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: -5 Dmaj
Backing vocals: No
More info: Coenie de Villiers is op 11 Oktober 1956 in Bloemfontein gebore. Hy is bekend vir die aangrypende liedjies wat hy komponeer en as sanger en pianis word hy beskou as een van die vernaamste kunstenaars in Afrikaanse musiek.
Lyrics: Yes
Daar’s ‘n plek wat ek van weet
Sonder sorge sonder pyn sonder leed
Die pad daarheen is ongekaart
Die reis daarheen is sonder vaart
En daar is rusplek langs die pad
Die son se geel word jou sambreel
Op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel
Die een se slingerspoor word dof
Waar dit wegloop in die stof
Maar die ander lei tot hier
Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van ‘n kind
Die lewensspel speel, granate van onskuld kan deel
Om weer vir ‘n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo, wat jy het is 'n gawe van bo
Daar’s ‘n winterlose oord
Waar ‘n mens nog steeds die ure ongestoord
Op die telraam van die tyd
Sonder spyt of klein verwyt
Soos seisoene af kan tel
Knip jou deur se grendel dig
Sluit jou vensters en jou luike teen die lig
Pak jou drome vir die reis
Jou hart sal jou die kronkels wys
Om ongeskonde hier te kom
Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van ‘n kind
Die lewensspel speel, granate van onskuld kan deel
Om weer vir ‘n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo, wat jy het is 'n gawe van bo
'n Gawe van bo
'n Gawe van bo
TUSSENSPEL
'n Gawe van bo
'n Gawe van bo
Composer: C. DE VILLIERS (SONGWRIGHTS PUBL)