Coenie de Villiers - Katedraal (Key: OR Gmaj)
Title: Katedraal
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coenie de Villiers feat. Randburg Hoërskoolkoor
Genre: South African; Group & Choir; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
In my kerk is daar geen dak nie
Geen relieëf of skildery
Geen kandelaar wat hoog moet hang nie
Almal kan hier toegang kry
Want my koepel is die hemel
Hoog genoeg vir al die sterre
Breed genoeg vir die planete
Hier sal jy stilte, hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry
In my kerk is daar geen mure
Wat 'n horison beperk nie
Daar's geen deure en geen slot nie
Geen register om te merk nie
Want die berge is die seile
Waar die arende kan skuil hou
Ja, die vlaktes is my vloere
Hier sal jy stilte, hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry
In my kerk is daar geen vensters
Wat met brandglas kleure blink
Geen nagmaalbrood wat jy moet breek
Of wyn wat iemand nog moet skink nie
Want in my kerk sien jy die kleure
In die skemer as die son sak
En die laaste wolke saam pak
Hier sal jy stilte, hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry
In my kerk is daar geen koor
Of orrel wat die rus verstoor nie
Hier vra niemand vir jou geld nie
As jy bieg sal niemand hoor nie
Want die storms is perkussie
En die wind wat nooit wil rus nie
Maak musiek in al die bome
Hier sal jy stilte, hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry
Composer: COENIE DE VILLIERS (SAMRO)