Coenie de Villiers - Kring Om Die Maan (Key: OR Gmaj - BV)
Title: Kring Om Die Maan
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coenie de Villiers
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: Yes
More info: Coenie de Villiers is op 11 Oktober 1956 in Bloemfontein gebore. Hy is bekend vir die aangrypende liedjies wat hy komponeer en as sanger en pianis word hy beskou as een van die vernaamste kunstenaars in Afrikaanse musiek.
Lyrics: Yes
Anderkant die Dwyka
Lê die Moordenaarskaroo
Dis 'n wêreld wat nog rou is
Wat 'n mens nog in kan glo
Die paaie hier loop reguit
En die mense wat hier woon
Ken die hitte van die somer
Weet hoe reën jou kan beloon
Al ry jy dalk net hier verby
Daar's iets wat in jou agterbly
En maak dat jy vir altyd hier kan bly
Ja, die kring om die maan
Word nog môre se wind
As jy jou hart verloor
In die Karoo sal jy hom vind
Want waar jy ookal gaan
Dra jy die wêreld met jou saam
Ja, die wind oor die Karoo
Was die kring om die maan
Daar is min hier om te sien
Maar daar is veel om te onthou
Daar's die breedte van die vlakte
Daar's die randjiesveld se blou
Waar 'n arend stadig wentel
Bo sy onbekende prooi
Kry 'n vaalbos skielik kleur
En word die berge vir jou mooi
Al ry jy dalk net hier verby
Daar's iets wat in jou agterbly
En maak dat jy vir altyd hier kan bly
Ja, die kring om die maan
Word nog môre se wind
As jy jou hart verloor
In die Karoo sal jy hom vind
Want waar jy ookal gaan
Dra jy die wêreld met jou saam
Ja, die wind oor die Karoo
Was die kring om die maan
Die korhaan se lied
Word hier 'n bittersoet mineur
Want hy ken reeds hierdie land
Hy ken die horison se kleur
In die winde wat hom dra
Oor die Moordenaarskaroo
Skuil die bitter reuk van aalwyn
En van tolbos en kambro
TUSSENSPEL
Al ry jy dalk net hier verby
Daar's iets wat in jou agterbly
En maak dat jy vir altyd hier kan bly
Ja, die kring om die maan
Word nog môre se wind
As jy jou hart verloor
In die Karoo sal jy hom vind
Want waar jy ookal gaan
Dra jy die wêreld met jou saam
Ja, die wind oor die Karoo
Was die kring om die maan
Composer: C. DE VILLIERS (SONGWRIGHTS PUBL)