Demi Lee Moore - Sproetjies (Key: +3 Fmaj)
Title: Sproetjies (Sias Reinecke Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Demi Lee Moore
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk; Country
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: +3 Fmaj
Backing vocals: No
More info: Demi Lee Moore van Durbanville is ’n Suid-Afrikaanse sangeres en die wenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak op die TV-kanaal VIA.
Lyrics: Yes
Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproetgesiggie heen
En ek sê: Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees
Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonkwees verberg soms 'n ou hartseer pyn
En eendag sien ek Sproetjies weer en my oë staar verdwaas
Want die lelike eentjie verander in die mooiste swaan
En ek sê: Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig liefllik
En sy druk saggies my hand
En sê: Ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek gaan by die skouburg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feëprinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis Sproetjies wat harte so bekoor
En ek sê: Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie
En die trane in jou oë?
Sproetjies jy's pragtig
En ek hou haar teen my vas
Sy sê: Ek wens ek kon my deur jou oë sien
Composer: STERLING WHIPPLE