Carike Keuzenkamp - Die Hondesalon (Key: OR Dmaj)
Title: Die Hondesalon
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Kids, Tweens & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.
Lyrics: Yes
In Sandton City is ‘n hondesalon
Diamante skitter in die môreson
Die hare blink en opgekam
Sterte styf en die neuse klam
Kyk wie't die poedel ingebring
Diamante aan die vingerring
Karre blink in die môreson
Neus in die lug by die hondesalon
Wie, wie is wie? Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?
Wie, wie is wie? Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?
Oral waar jy ookal kyk, gaan ‘n hond net soos sy baas soms lyk!
Die oujongnooi se skootbrak
Wat heeldag na sy asem snak!
Die onvriendelike rykmansvrou, pikenise hondjie aan die tou
Ongeskikte boer op die stoel en langs hom knor sy fris boerboel!
Wie, wie is wie? Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?
Wie, wie is wie? Kyk maar rond en bont.
Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?
Hul sê jou hond is jou beste vrind
Kameraadskap wat jou bind
Maar dis hy wat die buurman wakker blaf en oral in die strate draf
Op die sypaadjie los hy sy merk…
En hy hinder die posman in sy werk
Wie, wie is wie? Kyk maar rond en bont.
Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?
Wie, wie is wie? Kyk maar rond en bont.
Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?
Wie’s baas en wie’s die hond?
Wie’s baas en wie’s die hond?
Composer: A. GOOSEN (A.G. MUSIEK/GALLO)