top of page
Dodo Nyoka - As Jy Praat (Key: OR Ebmaj)

Dodo Nyoka - As Jy Praat (Key: OR Ebmaj)

SKU: JU-OR-NB-01981
$12.95Price

Title: As Jy Praat

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Dodo Nyoka

Genre: South African; Pop & Pop Rock

Language: Afrikaans
Era: 2020s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Het niks geweet nie, kon dit nie hoor nie

Het niks verstaan nie, kon dit nie praat nie

Toe vind ek myself

Ek was toe net elf

 

Wind deur my hare, ons op die perde

Praat oor ons harte, dis net genade

Toe vind ek my held

En daar’s geen meer geweld

 

As jy praat

Sê dit in die taal van jou hart

Ek(ke) sal verstaan want dit is my hart, jou hart

Kom sing kliphard

En saam sal ons dans

In Afrikaans

 

Trek nader mense, haal weg die grense

Hou hierdie hand vas, my grootste wens was

Om saam te kan staan

Deur sonskyn en maan

 

As jy praat

Sê dit in die taal van jou hart

Ek(ke) sal verstaan want dit is my hart, jou hart

Kom sing kliphard

En saam sal ons dans

As jy praat

Hoef jy nooit te veel te sê

Ek sal jou verstaan want dit is my hart, jou hart

Kom sing kliphard

En saam sal ons dans

In Afrikaans

 

Ek hoor ‘n roep hy kom nader

Ek hoor hom duidelik

Ek sien ‘n reënboog en ons weet

Dis nie net tydelik

Dis een of die ander

Hoekom vat ons nie maar net hande

En so baie goed kom dan van dit

Vat net al die sleg en verbrand dit

Dis hoe ons sal vrede kan maak

Gee jou hele hart as jy praat

 

As jy praat

Sê dit in die taal van jou hart

Ek(ke) sal verstaan want dit is my hart, jou hart

Kom sing kliphard

En saam sal ons dans

As jy praat

Hoef jy nooit te veel te sê

Ek sal jou verstaan want dit is my hart, jou hart

Kom sing kliphard

En saam sal ons dans

In Afrikaans

 

Composer: PAULO AZEVEDO/TJAART VAN DER WALT

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page