top of page
John James - Ek Is Meer Werd (Key: OR Gmin)

John James - Ek Is Meer Werd (Key: OR Gmin)

SKU: CO-OR-NB-00748
$12.95Price

Title: Ek Is Meer Werd

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: John James
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Hip-Hop & Rap
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Gmin
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Vergewe my

Ek weet ek's nie perfek nie

Jy sal nie weet nie

Hoeveel trane is op my pad

 

Maak oop jou hart

En trek my nader

Te veel emosies verdrink my in all die spyt

 

Ek skree, ek smeek

Ek soek my hele lewe lank na 'n antwoord

Probeer beheer

Dis buite my reach en my gedagtes brand dood

Ek's vasgedruk en my hart loop rond

Die lewe draai maar ek staan my grond

Ek breek die kettings van die wrede weapons

Met gebroke drome staan ek op

So kom krap in my hart en speel met my siel

Terwyl hy my mense sê vat wat ons deel

Jy het my gedagtes jy het my verniel

Daar's soveel verskillende draaie in die games wat ons speel

Ek het my mind gebring want my hart is dom

Met verkeerde keuses

So vinnig ek hul kan stop

Daar is soveel redes

Tot die son drop staan ek op my voete

Met my kop omhoog

 

Ek is meer werd

As wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd

As wat my storie kan vertel

Ek is meer werd

As wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd

As wat my storie kan vertel

 

Ek vergewe jou

So naby aan perfek dat

Lewe nie sinmaak

As jy nie deel daarin

 

Kom vat my hand

Breek af jou mure

Dan bou ons iets wat niemand ooit kan vat

 

Sê jy my wat is ek werd

Ek's moeg vir baklei maar ek hou aan veg

Ek's op my knieë in die kerk

Ek skree vir die wolke maar die son bly terg

Ek is moeg vir die mental werk

Dit breek my elke dag en ek weet nie meer hoe om te smile nie

Om te voel nie

Om te huil nie

Om te veg nie

Ek lewe nie meer soos wat ek op 'n tyd het nie

Ek moet bly veg cause the world doesn't get me

Vat net my hand want ek praat met die spieël

Vra die lewe om die pyn met my te deel

Dit het my gedagtes dit het my verniel

Jy ken al die draaie in die games wat ons speel

Jy kyk my so asof jy my iets vra

Almal verdien 'n tweede kans

Ja, almal verdien 'n tweede kans

 

Gaan jy my judge as jy weet daars vrees in my

Is ons dan gemaak om vir onsself te baklei

Vir 'n dag wens ek jy kon in my hart sien

Moet 'n mens so veg om liefde te verdien

 

Ek is meer werd

As wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd

As wat my storie kan vertel

Ek is meer werd

As wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd

As wat my storie kan vertel

Ek is meer werd

As wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd

As wat my storie kan vertel

Ek is meer werd

As wat my wonde my uitmaak

Ek is meer werd

As wat my storie kan vertel

As wat my storie kan vertel

 

Composer: C. DELPORT/J. JANSE VAN RENSBURG/N. SCHOOMBEE

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page