top of page
Liesl du Toit - Ek Mis Jou (Key: OR Ebmaj)

Liesl du Toit - Ek Mis Jou (Key: OR Ebmaj)

SKU: CO-OR-NB-01221
$12.95Price

Title: Ek Mis Jou
Format: MP3 Backing Track
Created in the style of: Liesl du Toit
Genre: South African; Pop & Pop Rock
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
More info: Liesl du Toit is 'n bekende in die musiekbedryf. Sy was deel van die populêre meisiegroep Shine4. Stukkie van jou Hart is die titel van haar debuut album.
Lyrics: Yes

 

Die huis is stil en leeg vandag

Net soos hy gister was

En ek loop in 'n dwaal, 'n droom hier rond

Ons fotos hang nog teen die muur

En jou klere is nog hier

Jou skoene langs die bed en in die kas

En ek haal koppies uit, wil koffie maak vir twee

Maar ek steek vas in my spoor

Ek besef jy's nie meer hier nie

 

Ek mis jou hande teen my lyf

Mis jou oë wat vir my kyk

En jou asem teen my wang

Dis waarna ek verlang

Ek sien jou nog steeds voor my staan

Hoor jou stem jy roep my naam

En ek probeer vashou

Want ek mis jou

 

En in my drome is jy daar

En ek kan nog met jou praat

Maar ek word wakker voor ek aan jou raak

En elke gedagte aan jou word

Soos sout in hierdie wond

Wat groter word soos dae verby gaan

En ek hoor almal sê tyd maak mens weer gesond

Maar tyd gaan jou nie terug bring nie

En ons tyd saam was heeltemal te kort

 

Ek mis jou hande teen my lyf

Mis jou oë wat vir my kyk

En jou asem teen my wang

Dis waarna ek verlang

Ek sien jou nog steeds voor my staan

Hoor jou stem jy roep my naam

En ek probeer vashou

Want ek mis jou

En ek weet as jy hier was sou jy wou hê

Dat ek op moet staan en aan beweeg

Ek wil so graag vir jou kan sê

 

Ek mis jou hande teen my lyf

Mis jou oë wat vir my kyk

En jou asem teen my wang

Dis waarna ek verlang

 

Ek mis jou hande teen my lyf

Mis jou oë wat vir my kyk

En jou asem teen my wang

Dis waarna ek verlang

Ek sien jou nog steeds voor my staan

Hoor jou stem jy roep my naam

En ek probeer vashou

Want ek mis jou

Ek mis jou

 

Composer: LIESL DU TOIT

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page