Elizabeth Fourie - As Oupa So Se (Key: OR Cmaj)
Title: As Oupa So Sê (As Oupa So Se)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Elizabeth Fourie
Genre: South African; Kids & Teens; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
More info: Elizabeth Fourie het op die terrein van kindermusiek geen bekendstelling nodig nie. Haar liedjies is gebruik op TV en radio in programme, asook in die klaskamer, in revues, konserte en koor-aanbiedings. Sy het verskeie kinder-albums op die mark.
Lyrics: Yes
As ek by my Oupa gaan kuier
Vertel hy sy strories vir my
Ek sit op sy skoot, my oë word groot
Ek kan nooit genoeg daarvan kry
My Oupa ken selfs vir Klaas Vakie
Hy sê daar's 'n man in die maan
Hy't een donker nag vir die tandmuis gewag
En gesien waar sy tandhuisie staan
As Oupa so sê dan kan jy dit glo
As Oupa so sê dan weet ek dis so
As Oupa so sê dan weet ek dis waar
Want Oupa is darem al sewentig jaar
Tamaties gee kinders rooi wange
Pampoen laat jou hare mooi krul
Oupa't vergeet om sy wortels te eet
En daarom dra hy nou 'n bril
As Oupa so sê dan kan jy dit glo
As Oupa so sê dan weet ek dis so
As Oupa so sê dan weet ek dis waar
Want Oupa is darem al sewentig jaar
Ek vra hom: ''Is Oupa Kersvader?''
Hy sê: ''Nee ek wens so ek was''
Wat Oupa nie weet, Kersvader vergeet
Sy klere in Oupa se kas!
As Oupa so sê dan kan jy dit glo
As Oupa so sê dan weet ek dis so
As Oupa so sê dan weet ek dis waar
Want Oupa is darem al sewentig jaar
Composer: ELIZABETH FOURIE (E.F. MUSIEK)