Elvis Blue - Hoop In Die Donker (Key: OR Gmaj)
Title: Hoop In Die Donker
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Elvis BlueGenre: South African; Special Occasion; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Hello Ma
Ek staan by die deur
Die pad was lank en my voete is seer
Ek was veels te lank in die wind en weer
Ek was veels te ver om weer terug te keer
Ma hoef niks te sê
Ma hoef niks te doen
Hierdie wegloopkind verdien nie eers 'n soen
As ek net kan rus vir 'n oomblik hier
In my Ma se huis kan skuil
Van die seer
Ek soek hoop in die donker
Laat die lig my weer sal kry
Ek soek water vir die dors
Wat ewig in my bly
Ek bly steeds 'n soeker
'n Swerwer wat nog niks kon kry
Ja, Ma ek is so jammer
Vir die seer en die pyn
O, Ma ek is so jammer
Vir die seer en die pyn
Die nagte was rof en die vrouens los
Het my hart verloor en my geld gemors
Ek wil nie terugkom want ek wil nie baklei
Laat my net vir 'n oomblik in die stilte bly
Op 'n trok in die nag, op 'n ver plek
Kyk ek op in die lug
En onthou ek, hoe ek
As 'n jong seun geglo het
Dat God steeds werk
O, maar Ma daai mooi gedagtes is lankal weg
Ek soek hoop in die donker
Laat die lig my weer sal kry
Ek soek water vir die dors
Wat ewig in my bly
Ek bly steeds 'n soeker
'n Swerwer wat nog niks kon kry
Ja, Ma ek is so jammer
Vir die seer en die pyn
O, Ma ek is so jammer
Vir die seer en die pyn
Ooh, oo, oo, oo...
Vergewe my Ma as ek dit kan vra
Asseblief moenie praat
Laat my net eers klaar maak
My woorde het verniel
Ek weet dit was seer
Maar ek het Ma steeds lief
Ma moet dit weet
Ja, ek het Ma steeds lief
Ma moet dit weet
Ek het Ma steeds lief
Composer: ELVIS BLUE (ELVIS BLUE PUBLISHING)