Elvis Blue - Kalahari Reën (Kalahari Reen) (Key: OR Emaj)
Title: Kalahari Reën (Kalahari Reen)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Elvis Blue from 'Die Kontrak Oudisie'
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans
Era: 2020s
Key: OR Emaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Iewers op 'n grondpad
Loop 'n eensaam spoor
Die wind en die gras sing saam koor
Ek kyk terug op die jare
Ek sou myself verloor het
Sonder rigting
Sonder naam
Wat sou van my word
As ek alleen moes staan
Ek tel die dae so een vir een
Sit my voete in die rooi sand neer
Jy is Kalahari reën
Val op my
Kom reën, reën, reën
Sonstrale in die wolke
Lang gras in die wind
Jy is Kalahari reën
Laat dit reën
Laat dit reën
Wat word van die tyd
Is dit 'n weggooi ding
Langs jou maak my lewe sin
Al daai leë paaie
Wat ek alleen geloop het
Jy's my Hinterland
O, jy's die rots waar ek my huis wil bou
Ek tel die dae so een vir een
Sit my voete in die rooi sand neer
Jy is Kalahari reën
Val op my
Kom reën, reën, reën
Sonstrale in die wolke
Lang gras in die wind
Jy is Kalahari reën
Laat dit reën
Laat dit reën
TUSSENSPEL
En ek mis jou so
As die son teen 'n duin gaan lê
Skyn skuins
Dis hoe ek jou in my arms wil hê
Ek tel die dae so een vir een
Ek sit my voete in die rooi sand neer
Jy is Kalahari reën
Laat dit reën
Laat dit reën
Sonstrale in die wolke
Lang gras in die wind
Jy is Kalahari reën
Laat dit reën
Laat dit reën
Laat dit reën
Laat dit reën
O, laat dit reën
Laat dit reën
Laat dit reën
Laat dit reën
Composer: ELVIS BLUE (ELVIS BLUE PUBLISHING)