Carike Keuzenkamp - Feetjieland (Key: OR Bmaj)
Title: Feëtjieland (Feetjieland)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Kids, Tweens & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Bmaj
Backing vocals: No
More info: Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.
Lyrics: Yes
Hompie Kedompie sit op die wal, Hompie kedompie het afgeval
Die koning se ruiters, die koning se leër - kon Hompie Kedompie se val nie keer
Die liewe tante sug, sy woon in 'n skoen - sy weet nie wat om te doen
Want sy het nie minder nie as tienstuks kinders nie en almal woon saam in 'n skoen
Dit is alles waar, dit is alles daar
Want dis in Feëtjieland waar alle kinders heerlik saam kan dwaal
En as hulle hierdie storietjies kan hoor dan word hulle weggevoer
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek daar ver in Feëtjieland
Kleine Duimpie is nie te groot, hy's die enigste van sy soort
Almal is jammer hy word nooit langer - hy's skaars 'n vingerhoed groot
Rooikappie buk om blomme te pluk, en ou Wolf neem sy kanse waar
Toe Rooikappie roep, kom Boswagter gou en met nare ou Wolf was dit klaar
Dit is alles waar, dit is alles daar
Want dis in Feëtjieland waar alle kinders heerlik saam kan dwaal
En as hulle hierdie storietjies kan hoor dan word hulle weggevoer
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek daar ver in Feëtjieland
Jan het eendag dorp toe geloop, vir 'n hand vol boontjies die koei verkoop
Hoog teen die rank het hy opgeklim, met 'n slim plan die reus oorwin
Sneeuwitjie fyn en sewe dwergies klein en almal is ewe tuis
Bedags werk hul almal diep in die myn en Sneeuwitjie werk in die huis
Dit is alles waar, dit is alles daar
Want dis in Feëtjieland waar alle kinders heerlik saam kan dwaal
En as hulle hierdie storietjies kan hoor dan word hulle weggevoer
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek daar ver in Feëtjieland
Composer: DEMPSEY/A. VILJOEN (ANGELA MUSIC)