Gerhard Steyn - Pennies En Ponde (Key: OR F#maj)
Title: Pennies En Ponde
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Gerhard Steyn
Genre: South African; Pop & Pop Rock
Language: AfrikaansEra: 2010s
Key: OR F#maj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
As die skoen jou pas trek hom aan
Word ek ‘n las laat my gaan
Voor jy soos Pinocchio lieg
Skryf maar ‘n brief
Jy hak soos ‘n grammofoon plaat in
Maar vat maar bietjie boereraat
Kasterolie, doringdraad
Kan 'n DKW start
Tel jou pennies en ponde (Is dit al wat jy het)
Vryf maar sout in my wonde (Al wat ek vir jou sê)
Doen net wat jy wil, om my te verkul
Draai my hart in die rondte
Trap my hart in die grond in (Jy kan maar probeer)
Want dis mos die in ding (Al maak jy my seer)
Sit ‘n wag voor my mond
Hou jou oor teen die grond
Draai my hart in die rondte
So jy dink jy het my plat
Maar ek kan nog baie vat
Voor jy dink dat ek opgee
Kom try my maar weer
Jy grou vir jouself ‘n gat
En jy pluk nou jou eie lat
Pasop waarvoor jy wens ou maat
Want dis nou bietjie laat
Tel jou pennies en ponde (Is dit al wat jy het)
Vryf maar sout in my wonde (Al wat ek vir jou sê)
Doen net wat jy wil, om my te verkul
Draai my hart in die rondte
Trap my hart in die grond in (Jy kan maar probeer)
Want dis mos die in ding (Al maak jy my seer)
Sit ‘n wag voor my mond
Hou jou oor teen die grond
Draai my hart in die rondte
TUSSENSPEL
Hoë bome vang die meeste wind
Vind jou vrede in die oë van ‘n kind
Voordat jy dit als opgee
Kry weer krag op jou knieë
Tel jou pennies en ponde (Is dit al wat jy het)
Vryf maar sout in my wonde (Al wat ek vir jou sê)
Doen net wat jy wil, om my te verkul
Draai my hart in die rondte
Trap my hart in die grond in (Jy kan maar probeer)
Want dis mos die in ding (Al maak jy my seer)
Sit ‘n wag voor my mond
Hou jou oor teen die grond
Draai my hart in die rondte
Sit ‘n wag voor my mond
Hou jou oor teen die grond
Draai my hart in die rondte
Composer: GERHARD STEYN (VONK MUSIEK)