Standard Version - Hierdie Kind (Key: OR Gmaj)
Title: Hierdie Kind (Jan de Wet / Scott Wesley Brown Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Standard Version
Genre: South African; Christmas; Inspirational, Christian & Gospel; Classical & Classical Crossover
Language: Afrikaans
Era: Not Specified
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Wie sou kon dink dat eeue terug
Soos die profete sê
In Betlehem 'n kind sou kom
Wat in 'n krip sou lê
En wie sou kon dink dat hierdie kind
Maria en Joseph se seun
Die sonde van hierdie wêreld
Op Homself sou neem
En wie sou kon glo dat hierdie kind
Wat lag en speel en sing
Vir al sy maatjies in die buurt
En vir ons die lig sou bring
En wie sou kon droom dat hiedie kind
Die wonder laat gebeur
Dat dooies opstaan
En dowes hoor
En sondaars hul bekeer
En wie sou kon raai dat hierdie kind
Vir 'n wêreld se pyn en nood
As verlosser aan 'n kruis sou sterf
En opstaan uit die dood
En o… ek weet
Ek weet dit gewis
Dat hiedie kind die redder is
En o… ek glo
Ek glo dit gewis
Dat hiedie kind ons hoop en redding is
Soos die jare kom en gaan
Sedert daardie dag
Soek die mensheid steeds na lig
Nog nooit was dit so nag
Volke veg teen volke
Een broer teen 'n ander
Wit teen swart
En swart teen wit
Dit het nog nooit verander
En soveel mense wêreld wyd
Leef steeds in hongersnood
En atoom bomme en vigs en aborsies
Maak miljoene mense dood
En die dwaasheid van die mensheid
Word die wysheid van die uur
En strome vuil besoedeling
Vernietig die natuur
Maar te midde van al hierdie chaos
Wat ons glad nie meer kan keer
Weet my hart verseker
Hierdie kind kom weer
En o… ek weet
Ek weet dit gewis
Dat hiedie kind die redder is
En o… ek glo
Ek glo dit gewis
Dat hiedie kind ons hoop en redding is
Wie sou kon dink dat hierdie kind
Weer eendag terug sal keer
Om as regter te kom oordeel
En as Koning te regeer
Verstaan jy nou hoe kan jy sien
Wie hierdie kindjie is
Dat Hy die regter die enigste hoop
Vir hierdie wêreld is
Composer: BROWN/J. DE WET (DAVID GRESHAM MUS/COPYCARE AFRICA)