top of page
Johannes Kerkorrel - Hillbrow (Key: OR Ebmaj)

Johannes Kerkorrel - Hillbrow (Key: OR Ebmaj)

SKU: JU-OR-NB-01173
$12.95Price

Title: Hillbrow
Format: MP3 Backing Track
Created in the style of: Johannes Kerkorrel
Genre: South African; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
More info: Johannes Kerkorrel (regte naam is Ralph Rabie) was een van die groot geeste van die alternatiewe Afrikaanse musiek en dit is veral sy hartstogtelike Hillbrow wat die musiekpubliek se aandag vasgevang het. Hy was deel van die opspraakwekkende Voëlvry-toer in 1989 saam met sy Gereformeerde Blues Band. Van sy gewildste opnames is Sit dit af‚ Halala Afrika‚ Somer‚ Al lê die berge nog so blou en Pers Reën.
Lyrics: Yes

 

Ou mans sit by die straatkafees
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Die boemelaars raas by die Wimpy Bar
En Fontana is oop tot laat in die aand


Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand
En hou oop die hand, ja

En gee, gee, gee

Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Uit Quartz Straat hoor ek ‘n meisie my roep
Daar’s ‘n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep
Tussen Hillbrow Records en Estoril Books


En dis lank na twaalf-uur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag

O, gee, gee, gee

Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink in elke woonstel


Ons sit in die son, drink wyn
Ons survive met ‘n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee

Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Kom aan, gee jou hart vir Hillbrow

 

Composer: J. KERKORREL (SHIFTY MUSIC)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page