Adam Tas - Is Dit Hoe Die Hemel Lyk? (Key: OR Gmaj)
Title: Is Dit Hoe Die Hemel Lyk?
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Adam Tas
Genre: Pop; South African; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
More info: Adam Tas is an Afrikaans singer and songwriter from Pretoria.
Lyrics: Yes
Op 'n riempiesbank in 'n rietdak huis
Sit liewe Jesus en my Pa
Hulle praat so oor die boerdery
En al die peste wat so pla
Op 'n Aga stoof staan 'n ketel en kook
Soet swart boeretroos
Daar's n glimlag op Jesus se gesig
En in my Pa se blou blou oë
En is dit hoe sy hemel lyk
En is dit hoe sy hemel proe
En hoeveel paadjies moes hy loop
om 'n stukkie van sy hemel te proe
En hoeveel paaie moes hy loop
Om 'n stukkie van sy hemel te proe
Op 'n vissermans skuit in 'n silwer see
Sit my vriend Schalk en vang
Sulke groot vet visse wat sy nette skeur
En soos reën in sy boot in val
En ek sien hoe hy na sy hemel kyk
Daar's 'n glimlag in sy oë
En sy laaste vakansie was so wel verdien
Soos manna uit die hand van bo
En is dit hoe sy hemel lyk
En is dit hoe sy hemel proe
En hoeveel paadjies moes hy loop
om 'n stukkie van sy hemel te proe
En hoeveel paaie moes hy loop
Om 'n stukkie van sy hemel te proe
Op 'n riempiesbank in 'n rietdak huis
Sit liewe Jesus en my Pa
Hulle praat so oor die boerdery
En sê alles is ok my bra
Composer: ADAM TAS (SELECT MUSIEK)