top of page
Jak de Priester - Gister Nog 4 (Key: OR Fmaj)

Jak de Priester - Gister Nog 4 (Key: OR Fmaj)

SKU: JU-OR-NB-01463
$12.95Price

Title: Gister Nog 4 (Gister Nog Vier)

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jak de Priester
Genre: South African; Folk; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
More info: Jak de Priester is 'n Afrikaanse sanger, skrywer en kunstenaar. Jak se loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld Sally Williams Nougat op te neem. Hy is ook die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks Binnelanders.
Lyrics: Yes

 

Vandag is jy vier jaar oud

Daar's 'n vonkel in jou oë

Want die ballonne wat bo jou bed hang

Die geskenke oral om jou

Jy lyk skielik so groot vir my

Al is jy saans maar nog bang

Om alleen in jou bed te slaap

Of te loop in die gang

 

Vandag is jy ses jaar oud

Dis jou eerste dag op skool

En jy versuip in daai klere

Ek neem 'n foto op my foon

Jy's so cute met daai haasbek

En daai boeksak op jou rug

En jy's dapper as ek jou groet

Maar ek ken al daai sug

 

En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem

Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen

Al gaan jy 'n huis bou en vir iemand lief raak

Sal jy my engel kindjie bly

Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom

Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom

Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is

My engeltjie kind

 

Vandag is jy dertien

En jy word ontgroen

Jy loop met eiers in jou sakke rond

Dis wat mens maar moet doen

Jy lyk skielik so klein vir my

As die graad twaalfs met jou praat

En jy spring op jou bicycle

En jy jaag deur die straat

 

En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem

Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen

Al gaan jy 'n huis bou en vir iemand lief raak

Sal jy my engel kindjie bly

Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom

Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom

Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is

My engeltjie kind

 

Vandag is jy agtien

En jy groet eers die skool

En jy klim in jou Corsa

En ry Margate toe

En my hart sit daar langs jou

Jy's die koning op jou troon

Mag die son oor jou skyn my kind

Het jy airtime op jou foon?

 

En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem

Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen

Al gaan jy 'n huis bou en vir iemand lief raak

Sal jy my engel kindjie bly

Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom

Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom

Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is

My engeltjie kind

 

Vandag is jy mondig

Waar het die tyd heen gegaan

Ons hou partytjie vir jou en jou vriende

Ons roep almal jou naam

Ek het geweet hierdie dag sou kom

Maar jy was gister nog vier

Jy't my geleer wat liefde is

Jy weet ek's altyd net hier

 

Composer: Composer: JAK DE PRIESTER (COLESKE ARTISTS)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page