top of page
Jak de Priester - Groen Mamba (Key: OR Cmaj)

Jak de Priester - Groen Mamba (Key: OR Cmaj)

SKU: EL-OR-NB-03135
$12.95Price

Title: Groen Mamba
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jak de Priester
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk & Folk Rock; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Ek sit in die donker koppie koffie in my hand

En ek wonder hoe de heng het ons hier beland

'n Man en 'n vrou en 'n baba wat huil

Hoe kan ek my twenties vir die lewe ruil

 

Ons bly in 'n huis in die bank se huis

En net soos al die ander het ons huis ook 'n kruis

My vrou is wispelturig dan's sy vriendelik dan's sy kwaad

Ek weet nie wat sy soek nie soek sy liefde ek soek raad

 

Groen Mamba vir jou baba en Prozac vir jou vrou

En elke aand 'n Disprin om die bloed lekker dun te hou

Groen Mamba vir jou baba en 'n Myprodol vir jou vrou

En die homopaat se druppeltjies om die trane weg te hou

Groen Mamba vir jou baba en Rooibostee in die nag

En 'n hand vol vitamines dit help ons deur die dag

 

Die lewe het net deesdae so normaal geword

Al my vriende het hierdie jaar pa geword

Vakansietyd in Hartenbos 'n Gypsy karavaan

Orals speel die deuntjie van 7e Laan

 

Elke liewe dag is nog 'n dag verby

Tyd staan nie stil nie soos 'n trein wat ry

Die nuus maak my depressed en die baba wil nie slaap

As ons huis net eers verkoop is dan trek ons na die Kaap

 

Groen Mamba vir jou baba en Prozac vir jou vrou

En elke aand 'n Disprin om die bloed lekker dun te hou

Groen Mamba vir jou baba en 'n Myprodol vir jou vrou

En die homopaat se druppeltjies om die trane weg te hou

Groen Mamba vir jou baba en rooiwyn vir jou vrou

En 'n lekker pil as jy sestig strike om daai spier lekker fiks te hou

 

Wat sou ons gedoen het sonder KFC

Na wie sou ons gekyk het sonder DSTV

Hoe sou ons oorleef het sonder 'n klein bietjie wyn

Hoe keer mens al die worries en die hart se pyn

 

Hoeveel pille moet ons sluk om net ons sanity te hou

Hoeveel gatte moet ons lek om net ons jobs te hou

Hoeveel nagte moet ons op wees voor die baba deur nag slaap

Ek sê jou my ou pellie dis lekker in die Kaap

 

Groen Mamba vir jou baba en Prozac vir jou vrou

En elke aand 'n Disprin om die bloed lekker dun te hou

Groen Mamba vir jou baba en 'n Myprodol vir jou vrou

En die homopaat se druppeltjies om die trane weg te hou

 

TUSSENSPEL

 

Groen Mamba vir jou baba en Prozac vir jou vrou

En elke aand 'n Disprin om die bloed lekker dun te hou

Groen Mamba vir jou baba en 'n Myprodol vir jou vrou

En 'n lekker pil as jy dertig strike om jou hare op jou kop te hou

 

Composer: JAK DE PRIESTER (JAK DE PRIESTER PUBLISHING)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page