Jan de Wet & Die Lofkleuters - Dawid & Goliat (Key: OR Cmaj)
Title: Dawid & Goliat
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jan de Wet & Die Lofkleuters
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Dawid, roep sy pa sy naam
Jy moet na die oorlog toe gaan
Vat vir jou boeties 'n bietjie kos
'n Wimpy Burger en tandevlos
Neem ook brood en kaas
Maar jy moet jou gou-gou haas
Dat die kos vir hulle krag kan gee
Om die Filistyne plat te vee
Toe kom Dawid by die oorlog aan
Maar hy was heeltemal stom geslaan
Want 'n groot ou reus Goliat
Het die hele Israel aangevat
Hy hoor toe die reus sê, right
Wie van julle wil teen my fight
Maar almal bewe van die vrees
En kruip weg vir die groot ou reus
Dawid word toe skielik kwaad
Hy het met ou Goliat gepraat
Jy beledig God se Naam
Jy wat daar met jou boepens staan
My God is baie groter as jy
En as Hy jou in die hande kry
Dan sal jy dit beslis berou
En ek self is ook lus vir jou
Toe David dit alles vertel
Het hy vyf klippies opgetel
Hy tref ou Goliat toe met die een
En hy val neer dat die aarde dreun
Hy gryp die reus toe aan sy baard
En kap sy kop af met 'n swaard
En toe die kop eenkant rol
Het die Filistyne weggehol
Dawid het die reus verslaan
Want hy't geveg in die Here se Naam
En Israel was weer baas in die land
Die Here was mos aan hul kant
Composer: JAN DE WET