Janita Claassen - Lied Vir Ma (Key: OR F#maj)
Title: Lied Vir Ma
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Janita Claassen
Genre: South African; Special Occasion; Folk & Folk Rock; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR F#maj
Backing vocals: No
More info: Janita Claassen (30 April 1947 - 24 Oktober 2005) was 'n bekende Afrikaanse sangeres wat gereeld saam met Manuel Escorcio opgetree het. Van haar treffers sluit in Rolbos, Meisiekind en Ballonne.
Lyrics: Yes
Die lied op ma se lippe sag
Die koffie langs my bed
Die lappop op my spieëlkas
En die mooie wat ek het
Handgemaakte donskombers
En my dik ou wintersjas
Is tekens van die liefde wat
Net by mamma pas
Dankie ma vir wat ma is
Ma stel my altyd so gerus
Dankie ma vir lief’d en trou
Ek sal ma so onthou
Dankie ma vir wat ma is
Ma stel my altyd so gerus
Dankie ma vir lief’d en trou
Ek sal ma so onthou
Ma se oë blink altyd sag
Kyk liefdevol en teer
Sy kalmeer my laat my lag
Vertroos my diepste seer
Nooit sal ek dit kan vergeet
Dat ma verstaan as ek huil
Daarom kan ek seker weet
In haar liefde kan ek skuil
Dankie ma vir wat ma is
Ma stel my altyd so gerus
Dankie ma vir lief’d en trou
Ek sal ma so onthou
Dankie ma vir wat ma is
Ma stel my altyd so gerus
Dankie ma vir lief’d en trou
Ek sal ma so onthou
Ek sal ma so onthou
Composer: JANITA CLAASSEN/EUGENE MARAIS