Janita Claassen - Yo-Yo (Key: OR Dmaj)
Title: Yo-Yo
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Janita Claassen
Genre: South African; Folk & Folk Rock; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Janita Claassen (30 April 1947 - 24 Oktober 2005) was 'n bekende Afrikaanse sangeres wat gereeld saam met Manuel Escorcio opgetree het. Van haar treffers sluit in Rolbos, Meisiekind en Ballonne.
Lyrics: Yes
Soms wil ek maar moed verloor
En dink dis als verniet want ek is
Net jou yo-yo
Net jou yo-yo
Jy sal nou-nou
Moeg word vir jou speelding
En dit neersit op die rak
Dan roes dit baie gou-gou
Net 'n yo-yo
Jou ou yo-yo
Ek's nie van plastiek nie
Ek is vlees en bloed en malverlief
Maar jy speel yo-yo
Netnou breek die tou
Waaraan jy my hou
Dan is jy sonder yo-yo
Op en af gaan my gevoelens saam
Wens ek kan 'n plan beraam
So afhanklik van jou hand se teug
Hulp'loos hygend hang ek hier
Soms voel ek die opgaan is die afgaan werd
Maar hoe lank leef 'n speelgoed yo-yo
Net 'n yo-yo
Ag ek wou-wou
Baie lankal losruk van die lyntjie
Waaraan jy my nou al so lank hou-hou
Maar die yo-yo
Is gek oor jou jou
Niemand sal verstaan nie
Maar ek dink daar's seker iewers nog 'n
Ander yo-yo
Wat soos ek bly klou
Aan 'n yo-yo tou
Weet dan ek dink aan jou jou
Op en af gaan my gevoelens saam
Wens ek kan 'n plan beraam
So afhanklik van jou hand se teug
Hulp'loos hygend hang ek hier
Salig as ek opgaan
Pynlik as jy my laat staan
Lig my na die sterre
Voor jy my gaan bêre
Spin my rond en draai my
Maak beloftes en verraai my
Hoe lank gaan ek yo-yo bly
Op en af ry my emosies heen
Niemand kan my hulp verleen
Ek dink ek moet self 'n speelding kry
Wat ek dan sou noem my-my
Composer: MARIETJIE STOOP (TRANSISTOR MUSIEK)