Jannie du Toit ft. Lucas Maree - Die Windpomp (Key: OR Cmaj)
Title: Die Windpomp
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jannie du Toit ft. Lucas Maree
Genre: South African; Folk & Folk Rock; Country
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Daar waar die wolke wieg soos baarde
Soos Kersfeesvaderbaarde oor die aarde
Daar sing die ou windpomp sy ballade
In die wind se waai-genade
Voer hy sy draaibestaan
Sien jy hoe staan sy dors gedaante
Sy stokou staalgeraamte en soek na water
Net soos hy is ek ook 'n geraamte
'n Vlees-en-bloed gedaante
Wat meesal dors rondstaan
Waar die windpomp draai
Binne-in die wind se waai in
Daar gaan loop my hart 'n wye draai
En uit die saad
Wat in my hart se land gesaai is
Groei 'n lied vol hoop wat draai en draai
TUSSENSPEL
Meesal klink sy vreugde maar beswaard
Sy skinkerslied drup traag
Soos trane oor die aarde
Maar dan weer kom die wind se waaigevaarte
En draai sy kop na haar toe
En stroom die water
Daar waar die wolke wieg soos baarde
Soos Kersfeesvaderbaarde oor die aarde
Daar sing die ou windpomp sy ballade
In die wind se waai-genade
Voer hy sy draaibestaan
Waar die windpomp draai
Binne-in die wind se waai in
Ruik jy al die reën op jong gesaaides
En uit die saad
Wat in my hart se land gesaai is
Word die hoop 'n lied wat draai en draai
Word die hoop 'n lied wat draai en draai
Waar die windpomp draai
Binne-in die wind se waai in
Ruik jy al die reën op jong gesaaides
En uit die saad
Wat in my hart se land gesaai is
Word die hoop 'n lied wat draai en draai
Composer: LUCAS MAREE (SAMRO)