Joe Niemand - Ek Sal Nie Bang Wees Nie (Key: -1 Dbmaj)
Title: Ek Sal Nie Bang Wees Nie
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Joe Niemand
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: -1 Dbmaj
Backing vocals: No
More info: Acclaimed songwriter and international performing artist, Joe became a household name with the song, A New Day, written and performed for the film "Faith like Potatoes". This opened a door to Angus Buchan, the Mighty Men Conferences and a very busy travelling schedule across the world with Angus performing at various events. In 2009 Joe recorded “Glory to the King” to give it away at that year’s Mighty Men Conference at Shalom.
Lyrics: Yes
Hy wat in die skadu van die Allerhoogste sit
In die geheime plek
Sal vir God kan sê U is my bergvesting
My toevlug op wie ek vertrou
Want U, U sal my kom haal
Uit die diepste donker plekke
Waar ek omring word deur die doodsgevaar ja
U, vlerke vou my toe
Onder U troue vleuels vind ek my skuiling
U vure is my skild my bevryding
Ek sal nie, bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie, bang wees nie
Val ‘n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie, bang wees nie
En hier kruip ek weg
In die hoogtes by die Hoogste
Alles veilig in die Hand
Buite die bereik van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant
Want U, U wat my dra
Veilig oor alles wat verskeur
Vergiftig en vergruis elke aanval wat op my gerig is
Ek sal nie, bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie, bang wees nie
Val ‘n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie, bang wees nie
U sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet
Omdat ek in alles op U vertrou sal U my
Veilig in die hoogtes hou
En wanneer ek weer die pad verloor
Sal U elke keer my noodkreet hoor
My verwoesting sal U elke keer keer
En vir altyd my met U redding eer
Ek sal nie, bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie, bang wees nie
Val ‘n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie, bang wees nie
Composer: JOE NIEMAND (NO MAN'S LAND)