Juanita du Plessis & Theuns Jordaan - Dowwe Spore (Key: OR Ebmaj)
Title: Dowwe Spore
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Juanita du Plessis & Theuns Jordaan
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Duet
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Die branders van die hart is blind
Dit slaan jou om voor jy jou voete vind
Ons is kinders, wat teen die liefde-see baklei
Die son gee sy lig verniet
Hy’t ons skadus, deur sy siel gegiet
En ek sien jou daar, waar die son se traan verdwyn
Ooh!
En ek bly, want jy hou jou woorde vir my
En al reën die lewe swart, sal ek jou kry
Die dowwe spore van jou hart kom terug na my toe
Ek ken jou naam
En ek hoor jou in die middel van ‘n ou onthou se fluister teen die wind
Die dowwe spore ken die rigting
En elke tree wat my liefde gee maak jou voetspore heel
Die kamers van die hart is klein
In ‘n oomblik kan die deur verdwyn
Ons is swerwers, wat na nuwe sleutels soek
Nog nooit is daar iets gevra, sonder iemand
Wat die las kan dra
Daar is altyd nuwe woorde om te hoor
Ooh!
Waar ons staan gooi ons drome vas teen die maan
Waar jou hart se spore lê, sal ek gaan
Die dowwe spore van jou hart kom terug na my toe
Ek ken jou naam
En ek hoor jou in die middel van ‘n ou onthou se fluister teen die wind
Die dowwe spore ken die rigting
En elke tree wat my liefde gee maak jou voetspore heel
Ooh!
En ek bly, want jy hou jou woorde vir my
En al reën die lewe swart, sal ek jou kry
Die dowwe spore van jou hart kom terug na my toe
Ek ken jou naam
En ek hoor jou in die middel van ‘n ou onthou se fluister teen die wind
Die dowwe spore ken die rigting
En elke tree wat my liefde gee maak jou voetspore heel
Voetspore heel
Composer: RUDI CLAASE (JEWEL/ TOC)