Coenie de Villiers - Karoonag (Key: OR Ebmaj)
Title: Karoonag
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coenie de Villiers
Genre: South African; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
More info: Coenie de Villiers is op 11 Oktober 1956 in Bloemfontein gebore. Hy is bekend vir die aangrypende liedjies wat hy komponeer en as sanger en pianis word hy beskou as een van die vernaamste kunstenaars in Afrikaanse musiek.
Lyrics: Yes
As die son sy baadjie toeknoop oor die veld
En die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê
As die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes
En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet
Ruik jy katbos en kambroo
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind my optelkind vanaand
Ruik jy katbos en kambroo
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind my optelkind vanaand
Hier vanaand
In die môre as dit blou word en die amber wolke roer
As die son sy eerste lig oor die bitter boelas stoot
As die trein by Noupoort fluit
En dit wegraak in die wind
En ‘n tolbossie wat vaswaai teen die rand
Ruik jy katbos en kambroo
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind my optelkind vanaand
Ruik jy katbos en kambroo
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind my optelkind vanaand
Hier vanaand
TUSSENSPEL
Ruik jy katbos en kambroo
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind my optelkind vanaand
Ruik jy katbos en kambroo
As dit reën in die Klein Karoo
My hantamwind my optelkind vanaand
By my vanaand
Composer: C. DE VILLIERS (SONGWRIGHTS PUBL)