Anneli van Rooyen - Ken Jy Jouself (Key: OR Bbmaj - BV)
Title: Ken Jy Jouself
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anneli van Rooyen
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Bbmaj
Backing vocals: Yes
More info: Anneli van Rooyen se besonderse stem het haar een van die gewildste plaaslike sangeresse gemaak. Sy skryf self musiek en die tere liefdeslied, uitbundige vreugdeslied en ballade is haar forté. Anneli het 16 albums vrygestel vanaf 1980.
Lyrics: Yes
Ken jy die somer met sy ambergeel sambrele
Wat jou toevou in die holte van sy hand
Ken jy die sprokies in die stad van die kammas
Wat op laas altyd vervolmaak
Maar ken jy ook die skadus by die kind wat altyd lag
En ken jy ook sy voetseer as hy oor sy nou pad stap
En ken jy die antwoord in die oë wat vra
Weet jy, wat jy, binne jou dra
Ken jy jouself ken jy jouself
Wie jy is en wat jy graag wil wees
Ken jy jouself ken jy jouself
Wat jy doen en hoe jy graag wil leef
Ken jy die stiltes wat kreun in laatdag vrede
En jou vashou in die neurie van sy hart
Ken jy die drome wat ontwaak in liefhêspore
En wat oop bot in 'n reënwit bloeisel-stad
Maar ken jy ook die bitter as die mankheid nooit vervaag
En ken jy ook die seerkry as die nagte eensaam waak
En ken jy die antwoord in die oë wat vra
Weet jy, wat jy, binne jou dra
Ken jy jouself ken jy jouself
Wie jy is en wat jy graag wil wees
Ken jy jouself ken jy jouself
Wat jy glo, hoe jy voel, wat jy dink, hoe jy leef, ken jy
Ken jy jouself ken jy jouself
Wie jy is en wat jy graag wil wees
Ken jy jouself ken jy jouself
Wat jy doen en hoe jy graag wil leef
Composer: C. STEYN (MACVILLA)