Kurt Darren - Was Ek Maar 'n Digter (Key: OR Dmaj)
Title: Was Ek Maar 'n Digter (Kupido Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Kurt Darren
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Kurt Darren is 'n bekende Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, TV-aanbieder en akteur. Kurt se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.
Lyrics: Yes
Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen, en hoe ek oor jou voel
In gewone taal mag dit klink, asof ek oordryf
As ek probeer, hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel
Ek sal jou liefhê, tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die aarde kom
En die wind nie langer waai
Tot daar gras aan die hemelruim groei
Sal ek jou liefhê
Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die hoop beskaam en die son nie meer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see
En vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling
Ek jou sal liefhê
Dis jy wat my in gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre
Wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur
Die sprank van vonkelwyn
En die son wat die misvlaag soggens laat verdwyn
Ek is net 'n mens
En my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek
Daar is niks wat ek weerhou
Net voor die woorde opraak is daar iets
Wat ek nog moet sê
Vir ewig liefling
Sal ek jou liefhê
Tot die berge wegsink in die see
En vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling
Ek jou sal liefhê
Verewig liefling
Sal ek jou liefhê
Composer: WESSELS (GALLO)