Laurika Rauch - Ek Het 'n Huisie By Die See (Key: OR Amaj)
Title: Ek Het 'n Huisie By Die See
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Laurika Rauch se stem het kwaliteite wat min kon ewenaar en haar musiekbenadering en insae in die kunsvorm maak van haar een van Suid-Afrika se invloedrykste kunstenaars. Laurika se albumverkope is fenomenaal en vanaf haar deurbraak in die televisiereeks Phoenix en Kie met 'Kinders van die wind' het sy haar naam op almal se lippe gevestig.
Lyrics: Yes
Ek het ‘n huisie by die see
Dis nag
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
Teenaan die rots waarop my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag
Ek hoor die winde huil
‘n Kreun, ‘n klag
Soos van verlore siele in hul nood
Al dwalend, klagend, wat in graf en dood
Geen rus kon vind nie
Maar nog soek en smag
My vuurtjie brand my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
My vuurtjie brand my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Composer: H. A. FAGEN/L. HOFMEYR (SELECT MUSIEK)