top of page
Laurika Rauch - Ewewig En Stilte (Key: OR F#maj)

Laurika Rauch - Ewewig En Stilte (Key: OR F#maj)

SKU: JU-OR-NB-03207
$12.95Price

Title: Ewewig En Stilte
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Folk & Folk Rock; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR F#maj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Had ek ‘n laaste kans

Om iets te sê voor ek gaan

Sit ek als in my hande neer

Sodat ek joune in myne kan neem

En ek sal wag dat die wêreld wegraak

Vir aandag in jou oë

Ek sal seker maak jy glo my

En dat jy elke woord hoor

 

Ek wens vir jou dagbreek

En ewewig en stilte

Die son wat op jou stoep kom dans

As hy oorneem by die maan

Ek wens vir jou dagbreek

En ‘n geliefde altyd naby

Ek wens vir jou geloof, hoop, liefde, rus en vrede

En ewewig en stilte

 

Had ek ‘n laaste kans

Om iets te sê voor ek gaan

Sal ek sonder blik of bloos

Myself in die oomblik verloor

Dis onbelangrik hoe ons lyk

Wat ons het, die plek of tyd

Liewe mens, jy moet my glo

Mag jy elke woord hoor

 

Ek wens vir jou dagbreek

En ewewig en stilte

Die son wat op jou stoep kom dans

As hy oorneem by die maan

Ek wens vir jou dagbreek

En ‘n geliefde altyd naby

Ek wens vir jou geloof, hoop, liefde, rus en vrede

En ewewig en stilte

Ek wens vir jou geloof, hoop, liefde, rus en vrede

En ewewig en stilte

 

Composer: LIZE BEEKMAN

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page