top of page
Laurika Rauch - Hier Tussen Ons (Key: OR Emaj)

Laurika Rauch - Hier Tussen Ons (Key: OR Emaj)

SKU: EL-OR-NB-02378
$12.95Price

Title: Hier Tussen Ons
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Folk; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Emaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Die liefde is ’n rooi gedig

In versreël en kwatryn

Wat jou met gawe oë sien

In woorde sag en fyn

 

Die liefde is ’n spierwit duif

Met bloeisel in die mond

Wat met sy koms die boodskap bring:

Die liefde maak gesond

 

Die liefde lê in sagte woorde

Wat oor my gees kom streel

En in die droë maande

My hart tot hoop beveel

Die liefde lê in sagte soene

Wat met die jare groei

En soos die Kaapse lelieblom

Jaar in en jaar uit bloei

 

TUSSENSPEL

 

Die liefde is ’n môrester

Blink op die horison

Wat sê met ryke majesteit:

Ek het vir jou gekom

 

Die liefde is ’n leë graf

’n Brokkie brood en wyn

Die liefde is ’n wegkruipplek

Teen hartseer en teen pyn

 

Die liefde lê in sagte woorde

Wat oor my gees kom streel

En in die droë maande

My hart tot hoop beveel

Die liefde lê in sagte soene

Wat met die jare groei

En soos die Kaapse lelieblom

Jaar in en jaar uit bloei

 

TUSSENSPEL

 

Die liefde lê

Die liefde lê

Die liefde lê

Hier tussen ons

 

Die liefde lê in sagte woorde

Wat oor my gees kom streel

En in die droë maande

My hart tot hoop beveel

Die liefde lê in sagte soene

Wat met die jare groei

En soos die Kaapse lelieblom

Jaar in en jaar uit bloei

 

Composer: LOUIS BRITTZ (MAR GOSPEL MUSIC PUBLISHERS)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page