Laurika Rauch - Kabouterliefde (Key: OR F#maj)
Title: Kabouterliefde (Vir Simone)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Folk & Folk Rock; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR F#maj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Die kabouter met die rooi-rooi pet
Die kabouter met die geel hemp aan
Het sy hart gisteraand vir my gegee
En sy hemp is vir die maan
Die hoepelronde blou-blou lug
Het kadoemps op die grond geval
Hy’t die blink-blou in sy hand gerol
Toe speel ons daarmee bal
Die sterre met hul wit ligte
Het geknipoog toe ons lag
Hul’t rondom ons in ‘n kring getrek
Soos ‘n laer in die nag
Die aandblom het sy trom-trompet
Geblaas in die warrelwindkring
Die kalkoentjies met hul rooi mondjies
Het die springkaan-wals gesing
TUSSENSPEL
Die maan met sy geel lyfie
Het gaan plat lê op sy rug
Hy’t gaan slaap by die gousblomme
Met sy boepens in die lug
Die kabouter met die rooi-rooi hart
Het dit self vir my gesê
Hy’t die aardbol oor sy kop gegooi
O dis hier waar die liefde
O dis hier waar die liefde
Mmm dis hier waar die liefde
Composer: L. HOFMEYR/INGRID JONKER (M/S)