Laurika Rauch - Kyk Hoe Glinster Die Maan (Key: +4 Cmaj)
Title: Kyk Hoe Glinster Die Maan
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Folk; Christmas; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: +4 Cmaj
Backing vocals: No
More info: Laurika Rauch se stem het kwaliteite wat min kon ewenaar en haar musiekbenadering en insae in dié kunsvorm maak van haar een van Suid-Afrika se invloedrykste kunstenaars. Laurika se albumverkope is fenomenaal en vanaf haar deurbraak in die televisiereeks Phoenix en Kie met “Kinders van die wind” het sy haar naam op almal se lippe gevestig.
Lyrics: Yes
Ek het in my kinderjare vas geglo aan Kersfeesvader
In weklikheid ry hy mos met 'n slee
Maar hier stap hy deur die mielies met 'n streepsak en 'n kierie
En my boetie vra: "Boer hy by Clocolan?"
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter
Ek en boetie kry 'n rooi jas in die laai
Jonk van jare oud van dae, huil ek hartseer in my kamer
Want die fantasie het soos 'n droom verdwyyn
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
In 'n brief van later jare skryf ek "Liewe Kersfeesvader”
Elke meisie het 'n spesiale wens
Vir 'n man so soet soos suiker, met 'n motor sonder duike
En soen hy jou, dink jy dis net 'n droom
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Ek stap toe op 'n aand laat met 'n kêrel uit die Vrystaat
Al bestuur hy ook 'n bakkie sê ek Kersfeesvader dankie
Want al sy soene is soos suiker
En in sy hande 'n diamant
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Kinders om die boompie, hulle wag nou vir die oompie
My dogtertjie is net 'n bietjie bang
Maar hy stap sommer uit die branders, ja, die tye het verander
My seuntjie vra woon hy in Jeffreysbaai?
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Composer: JURGENS, U./TORR, C./LECHMAN, F. (SARRAL/MAC VILLA)