Laurika Rauch - Moenie Weggaan Nie (Key: +2 Gmin)
Title: Moenie Weggaan Nie (Ne Me Quitte Pas)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans; French
Era: 1990s
Key: +2 Gmin
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Moenie weggaan nie
Jy moet liewer vergeet
Maar jy moet net onthou verby is verby
Wis uit die tyd van misverstand
Die aanhou probeer om te vergeet
Van die weggaantyd
Gister het gebeur
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Maar ek belowe jou nou
Gepêrelde dou juwele van reën want so word ons een
Ek sal die aarde verskuif tot lank na my dood
Met glans jou beklee en goue lig doop
Ek gee jou 'n ryk wat die liedere gee
Soos die liefde ons leer in ons klein koninkryk
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Kom luister na my
In elke-dag-taal dan vertel ek vir jou 'n liefdesverhaal
Twee mense leer, twee harte versmelt
Een liefde ontvlam 'n tweede keer
Ek vertel 'n verhaal van 'n koning se nood
Hy sterf van sy liefde want weggaan is dood
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Het jy al gesien hoe 'n verkluimde vulkaan
Wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan
Ek dink dit is waar 'n veldbrand wat brand
Maak ryker die oes as 'n ryk somersjaar
En kom in die nag, verhelder die lug
As die rooi en die blou in die aandskemer trou
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
So min bly nou oor
Ek huil nie meer
Ek praat nie meer nie
Ek is nie meer nie
Ek wil nie meer nie
Die lewe is leeg, is leeg sonder jou
Maak my die skaduwee van jou skadu
Maak my die eggo van die woorde uit jou mond
Van jou voetstap op die grond
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Composer: JACQUES BREL/FANUS RAUTENBACH (WARNER CHAPPELL MUSIC FRANCE/INTERSONG/SDRM/SABAM)