Laurika Rauch - Toemaar Die Donker Man (Key: OR Amin)
Title: Toemaar Die Donker Man
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Amin
Backing vocals: No
More info: Laurika Rauch se stem het kwaliteite wat min kon ewenaar en haar musiekbenadering en insae in die kunsvorm maak van haar een van Suid-Afrika se invloedrykste kunstenaars. Laurika se albumverkope is fenomenaal en vanaf haar deurbraak in die televisiereeks Phoenix en Kie met 'Kinders van die wind' het sy haar naam op almal se lippe gevestig.
Lyrics: Yes
Op die groen voetpad van die horison ver
Om die aarde skat stap 'n ou man wat
'n Oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
En 'n rug gebuk aan sy jare
En 'n rug gebuk aan sy jare
Wat maak hy mammie?
Wat maak hy mammie?
Hy roep die kriekies, hy roep die swart
Stilte wat sing soos die biesies, my hart
En die sterre wat klop tok-tok liefling
Soos die klein toktokkies in hul fyn ver kring
En die sterre wat klop tok-tok liefling
Soos die klein toktokkies in hul fyn ver kring
Wat is sy naam, mammie?
Wat is sy naam, mammie?
Sy naam is sjuut, sy naam is slaap
Meneer Vergeet uit die land van vaak
Sy naam is Toemaar, hy heet, my lam
Toemaar, die donker man
Toemaar, die donker man
Op die groen voetpad van die horison ver
Om die aarde skat stap 'n ou man wat
'n Oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
En 'n rug gebuk aan sy jare
En 'n rug gebuk aan sy jare
Wat maak hy mammie?
Wat maak hy mammie?
Hy roep die kriekies, hy roep die swart
Stilte wat sing soos die biesies, my hart
En die sterre wat klop tok-tok liefling
Soos die klein toktokkies in hul fyn ver kring
En die sterre wat klop tok-tok liefling
Soos die klein toktokkies in hul fyn ver kring
Wat is sy naam, mammie?
Wat is sy naam, mammie?
Sy naam is sjuut, sy naam is slaap
Meneer Vergeet uit die land van vaak
Sy naam is Toemaar, hy heet, my lam
Toemaar, die donker man
Toemaar, die donker man
Mammie…
Toemaar, die donker man
Mammie…
Toemaar, die donker man
Composer: I. JONKER/L. RAUCH (GALLO)