Lisbé Visser & Willie Joubert - Die Here Leef (Key: OR Fmaj)
Title: Die Here Leef
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Lisbé Visser & Willie Joubert from 'In Die Voetspore Van Jesus'
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Group & ChoirLanguage: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
More info: Die geestelike CD, In die voetspore van Jesus, is 'n musikale herdenking van die lewe van Christus op aarde van Sy geboorte tot kruisiging en opstanding, asook die wederkoms. Verskeie bekende gospel- kunstenaars soos Jan de Wet, Wanda de Kock, Lisbé Visser, Danie Botha, Willie Joubert, Marié du Toit, Koos van der Merwe, Sonja Herholdt en Simeon Hamman sing op die CD.
Lyrics: Yes
In grou oggendure
Met reukolie gereed
Om haar Here te balsem
Hoe sou Maria weet
Die graf was reeds leeg
Die steen weggerol
En binne lê die doeke
Netjies opgerol
Engel van die Here
In glinsterwit gekleë
Sien hoe Maria
Aanskou haar bitter leed
Vrou waarom huil jy
En soek jy dan vandag
Die lewende uit die dodes
Hy’t opgestaan met krag
Die Here leef
Hy het oorwin
Die Heer het opgestaan
Met krag en mag
Het Hy die Satan’s magte verslaan
Die doodsgreep is gebreek
Hy het vir ons oor die weg gebaan
Die graf kon Hom nie keer nie
Hy’t oorwinning behaal
Veertig dae lank
Het Jesus rond gegaan
Verskyn aan sy dissipels
Met 'n boodskap
Elke keer
Die gawe van die Vader
Sou Hy aan hulle gee
Om die evangelie boodskap
Te verkondig wêreldwyd
Soos die Vader hom gestuur het
So stuur Hy ook elkeen
Met sy hande op hul hoofde
Spreek Hy oor hul die seën
Met 'n vredesboodskap
Gaan Hy van hulle weg
Hy sal weer na ons terugkeer
Hy kom ons te haal
Die Here leef
Hy het opgestaan
Die wêreld is oorwin
Aan God se regterhand
Tree hy vir ons daagliks in
Hy’t opgestaan
Hy’t opgevaar
Sy trooste gestuur vir ons
Hy’t self gesê dat Hy sal kom
Om ons te kom haal
Die Here leef
Hy het oorwin
Die Heer het opgestaan
Met krag en mag
Het Hy die Satans magte verslaan
Hy’t opgestaan
Hy’t opgevaar
Sy trooste gestuur vir ons
Hy’t self gesê dat Hy sal kom
Om ons te kom haal
Hy kom ons haal
Composer: UNKNOWN (CC)