Die Melktert Kommissie - My Engel (Key: OR Dmaj)
Title: My Engel
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Die Melktert Kommissie
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Rock
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Die Melktert Kommissie is 'n vier-lid Afrikaanse musiekgroep van Pretoria. Die groep het in 2002 ontstaan tydens hul deelname aan die Jip Rockspaaider kompetisie, wat hulle in daardie jaar gewen het. Volroom, hul debuutalbum, is in Junie 2003 uitgereik.
Lyrics: Yes
Jy stuur vir my mooi boodskappe saam met die wind
En ek sien jou glimlag daagliks in elke verlore straatkind
En dan pos jy ‘n reënwolk om saam met my te treur
In koeverte van verlange en seëls gedruk in ink van seer
Want jy’s my engel
Kom kuier by my vanaand
My engel
Wat tussen ‘n duisend liggies baljaar
Agter branders waar die son min skyn
En die mense altyd so jaag
My engel
Kom raak rustig
Hier langs my lyf vanaand
In jou ou voetspore in jou ou land
Volg ek die kronkelpad van ons vriendskapsjare
En alles wat jy my geleer het al die woorde wat ons deel
Moes ek vasklou aan ‘n bondel liefde om die pyn mee weg te streel
Want jy’s my engel
Kom kuier by my vanaand
My engel
Wat tussen ‘n duisend liggies baljaar
Agter branders waar die son min skyn
En die mense altyd so jaag
My engel
Kom raak rustig
Hier langs my lyf vanaand
Oor ‘n bottomless koppie koffie moes ek my bottomless liefde aan jou verklaar
Met die woorde van ‘n spyskaart
Moes ek vir jou vaarwel
My engel
Kom kuier by my vanaand
My engel
Wat tussen ‘n duisend liggies baljaar
Agter branders waar die son min skyn
En die mense altyd so jaag
My engel
Kom raak rustig
Hier langs my lyf vanaand
Composer: LUCINDA STRYDOM