top of page
Amanda Strydom - My Kamer (Key: OR Amaj)

Amanda Strydom - My Kamer (Key: OR Amaj)

SKU: AN-OR-NB-00403
$12.95Price

Title: My Kamer

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Amanda Strydom
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Amanda Strydom is by uitstek Afrikaanse musiek se prinses van kabaret. Van haar kabaret-aanbiedings is Dietrich, Kabaret, State of the Heart, Vrou voor 'n spieël en Diva. Sy komponeer en speel ook toneel. Van haar treffers sluit in “Ek loop die pad”, “Papa” en “Vrou by die spieël”.
Lyrics: Yes

 

Ek het lankal immigreer na ‘n kamer in my kop

Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop

My kamer bied ‘n skuilte as die storms buite woed

My kamer ken geheime my kamer ken my goed

Beskut my teen ‘n wêreld waar ek ongemaklik leef

Bevry my van bagasie en laat my rustig wees

 

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan

Ek reis al meer na binne tot dit tyd word om te gaan

Tyd word om te gaan

 

My kamer het geen meubels geen boek of skildery

Geen spinnerak of rommel om my aandag af te lei

My kamer het groot vensters sonder luike of gordyn

Uitsig onbelemmerd net son wat helder skyn

 

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan

Ek reis al meer na binne tot dit tyd word om te gaan

Ons ken die komplot van die drama

Elke eeu word daar flink repeteer

Net die rolverdeling en dekor verander

Maar waar is die groot regisseur waar is die groot gerisseur

 

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan

Ek reis al meer na binne tot dit tyd word om te gaan

Tyd word om te gaan

 

Composer: A. STRYDOM/DIDI KRIEL (HOTEL ROYALE/MUSIC FOR AFRICA)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page