Andriette - My Kind (Key: OR Dmaj)
Title: My Kind
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Andriëtte (Andriette)
Genre: South African; Pop; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Andriëtte Norman, beter bekend as Andriëtte is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: Napoleon (geskryf deur Steve Hofmeyr), Dinge en Sewe Oseane (wat geskryf is deur Rudi Claase), Storm in my hart en Dink aan my.
Lyrics: Yes
Jy's gebore uit liefde
So maak seker dat liefde jou vind
Dat jy op sy hande gedra word
Geen vra moet gevra word my kind
Jy verdien net die beste
So maak seker dat beste jou vind
Verewig is ook net 'n woord wat jy sê as jy reg is vir dit
As jy jou hart sou verloor
Verloor dit op iemand met 'n sagte hart
Verloor dit op iemand vir wie niks te veel is
Vir jou 'n sambreel is as stormweer kom
As jy jou hart sou verloor
Moet jy jou oë toemaak en net kan vertrou
Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind, dis my wens vir jou
Jy's gebore uit liefde
So maak seker dat liefde jou vind
Dat wanneer ons jou eendag weggee
Geen trane van hartseer my kind
So as jy ooit eendag jou hart sou verloor
Verloor dit op iemand met 'n sagte hart
Verloor dit op iemand vir wie niks te veel is
Vir jou 'n sambreel is as stormweer kom
As jy jou hart sou verloor
Moet jy jou oë toemaak en net kan vertrou
Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind, dis my wens vir jou
Dis my wens vir jou
Sonder woorde moet jy by hom vrede kan vind
En sy wese jou siel kan verstaan
Hierdie liefde sal jou nooit kan breek nie my kind
Uit ons harte kom wens vandaan
As jy jou hart sou verloor
Verloor dit op iemand met 'n sagte hart
Verloor dit op iemand vir wie niks te veel is
Vir jou 'n sambreel is as stormweer kom
As jy jou hart sou verloor
Moet jy jou oë toemaak en net kan vertrou
Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind, dis my wens vir jou
Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind
Dis my wens vir jou
Composer: ANDRIETTE/JOHAN OBERHOLZER (UNIVERSAL MUSIC PUBL/KVN PUBL.)