top of page
Jannie du Toit - 'n Liedjie Vir Jou (Key: OR Gmaj)

Jannie du Toit - 'n Liedjie Vir Jou (Key: OR Gmaj)

SKU: JU-OR-NB-00759
$12.95Price

Title: 'n Liedjie Vir Jou

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Jannie du Toit
Genre: South African; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
More info: Jannie du Toit se naam is sinoniem met die Afrikaanse luisterliedjie. Hy het ook gewildheid as kabaretster geniet en sy werk op die verhoog saam met Christa Steyn het gehore in vervoering. Sy treffers is onder meer “Liedjie vir jou”, “Cholesterol” en “Luister na die liedjies”.
Lyrics: Yes

 

Ek dink vanaand aan jou

En aan die Wildekus se golwe

Ek dink vanaand aan jou en aan die eindelose strand

Ek dink aan rotskastele

Watervalle na benede

En beestepadjies sukkel oor die die rand

 

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing

Ek weet dat jy die woorde sou verstaan

Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing

En ek weet dit sou weer ‘n vonkel in jou oë bring

 

Ek dink vanaand aan jou

En aan die Visriviervallei

Ek dink vanaand aan jou en aan sy kronkel kronkel kronkel

Ek dink aan stroomversnellings

Aan die koue winternagte

En kampvuuraande op die goue sand

 

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing

Ek weet dat jy die woorde sou verstaan

Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing

En ek weet dit sou weer ‘n vonkel in jou oë bring

 

Ek dink vanaand aan jou en aan die blou-blou Kaapse berge

‘n Sprokieland in bleekwit

Op ‘n helder sterligaand

Ek dink aan waterpoele

Wit proteas teen die hange

Maar somtyds vir ‘n oomblik net aan jou

 

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing

Ek weet dat jy die woorde sou verstaan

Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing

En ek weet dit sou weer ‘n vonkel in jou oë bring

 

Composer: JANNIE DU TOIT (MS SAMRO)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page