Andriette - Neem My Op Vlerke (Key: OR Amaj)
Title: Neem My Op Vlerke (Anneli van Rooyen Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Andriëtte (Andriette)
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Andriëtte Norman, beter bekend as Andriëtte is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: Napoleon (geskryf deur Steve Hofmeyr), Dinge en Sewe Oseane (wat geskryf is deur Rudi Claase), Storm in my hart en Dink aan my.
Lyrics: Yes
Jy sien die wêreld deur kinders se oë
Hoef nie aan ander se twyfels te glo
Jy is 'n boodskap, 'n wese wat woordloos verstaan
Jy is die laggende boog wat bly swewe
Hoop wat soos son in my polslag bly lewe
Op trappe van lig loop jy sag
Jou asem 'n wolk, stil soos die nag
Neem my op vlerke engel
Ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel
Laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Vanuit die poorte van jou wol kastele
Kom jy en waak oor die mense se treë
Stuur weer beloftes verby ruimte en tyd
Sien jy die sterre skyn oral om sorge
Voel jy die lus vir vandag en vir môre
Jy is die kneg van die lewe
Van strewe en rus, net soos jy is
Neem my op vlerke engel
Ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel
Laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Is ek alleen, dan hoef ek net te vra
En jy sal kom, jou vreugdesboodskap dra
Neem my op vlerke engel
Ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel
Laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Composer: HAMMERSCHIDT/KAISER/VAN ROOYEN (MACVILLA)