Philip Moolman - Hoog Bo Die Wolke (Key: OR Ebmaj)
Title: Hoog Bo Die Wolke
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Philip Moolman
Genre: South African; Pop & Pop Rock
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
More info: Philip Moolman het op televisie en in rolprente bekendheid verwerf as akteur in Sonkring, Egoli, Plek van Goud en Die prins van Pretoria, maar hy het ook as sanger en liedjieskrywer baie aanhang geniet. Van sy treffers sluit in 'Hoog bo die wolke'‚ 'Hoop' en 'Ek wil lewe'.
Lyrics: Yes
Daar is 'n wêreld wat ek jou wil wys
Dit is 'n hemel en 'n paradys
Gee my jou hand dan neem ek jou tot daar
Voor jy dit weet word al jou drome waar
Jy het nie vlerke nodig om te vlieg
Dis net die rede wat die hart belieg
Al wat jy hoef te doen is om te glo
Gee my jou hand ek neem jou tot heel bo
Hoog bo die wolke is die hemel altyd blou
Hoog bo die wolke lyk die toekoms minder grou
Daar is 'n wêreld wat ek jou wil wys
Dit is 'n hemel en 'n paradys
Gee my jou hand dan neem ek jou tot daar
Voor jy dit weet word al jou drome waar
Hoog bo die wolke is die hemel altyd blou
Hoog bo die wolke lyk die toekoms minder grou
TUSSENSPEL
Jy het nie vlerke nodig om te vlieg
Dis net die rede wat die hart belieg
Al wat jy hoef te doen is om te glo
Gee my jou hand ek neem jou tot heel bo
Ons sweef en tuimel oor die oseaan
Ek ruk die aarde uit sy wentelbaan
Daar’s geen manier hoe ons ooit terug kan draai
Gee jou net oor en laat die wind jou waai
Hoog bo die wolke is die hemel altyd blou
Hoog bo die wolke lyk die toekoms minder grou
Hoog bo die wolke is die hemel altyd blou
Hoog bo die wolke draai my wêreld net om jou
Composer: W. TURA/N. BYL/P. MOOLMAN (DE LA MUSIEK/SARRAL)