top of page
Piet Smit - Herders In Die Veld (Key: OR Fmaj)

Piet Smit - Herders In Die Veld (Key: OR Fmaj)

SKU: FR-OR-NB-02404
$12.95Price

Title: Herders In Die Veld
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Piet Smit
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Christmas
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Buite die lig van ons vuurtjie se kring
Het ons in die veld
'n Koor hoor sing

En skielik het 'n man ons met 'n skerp lig verblind
Gesê hy bring die blye tyding van 'n Hemelse Kind
Wat vrede op aarde sou bring


Vrede op aarde sou bring

Bang en verbaas het ons stil opgestaan
Ons bondeltjies gevat
En na die stal toe gegaan

Ek het stilweg getwyfel oor wat ons daar sou vind
Verwondered oor die tyding van die Hemelse Kind
En al wat ek nog kon hoor
Was die Hemelse lied van die koor

 

By die stal het die Kind in doeke gelê
Net soos die man met die lig

In die veld dit wou hê

Dit was half of die kindtjie glimlag toe ek naby Hom kom
En ek kniel toe uit 'n vreemde eerbied vir Hom
Ek het geweet Hy was waarlik die Koning
Wat waarlik die vrede sou bring

 

Maar wie sou kon raai
Terwyl Hy daar lê
Wat 'n wrede einde Sy lewe sou hê

Dat hierdie klein ou voetjies die kruispad sou stap
En soldate wrede spykers in hierdie ou handjies sou kap
Dat Hy vir ons sou moes ly
Aan 'n kruis sou moes hang

Vir my

 

Maar nou weet ons goed
Hy't net die weg gebaan
Ons weet Hy was dood
Maar Hy't weer opgestaan

Nou weet ons waaroor het die engele so gesing
Oor die verlossing wat hierdie Kindjie

Met Sy kruisdood sou bring
Juig die Redder is daar
Juig die Redder is daar

 

Composer: TRADITIONAL/P. SMIT (MAR GOSPEL MUSIC)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

© ProTrax

All music content (backing tracks, instrumentals, karaoke) are professional reproductions or new creations and not the original music.

bottom of page