Pieter Smith - Afrikaanse Keurspel (Key: OR Gmaj)
Title: Afrikaanse Keurspel: Die Bosveldbul (Jan van Til) / Rondomtalie / Wandellied / Sarah de Jager / Suikerbos / Ramaja
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Pieter Smith
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk & Folk Rock; Medley/Mashup; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
DIE BOSVELDBUL
In Rustenburg se wêreld woon ou Jan van Til
Hy's oral bekend as die Bosveldbul
Hy's sterk soos ‘n leeu en groot soos ‘n os
Die hare staan soos doringdraad op sy bors
Jan, Jan, Jan, die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan, die man van staal
Jan, Jan, Jan, die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
Hy loop ‘n honderd myl en hy word nooit moeg
Dan teken hy sy naam met sy eenskaar ploeg
Mans steek hulle vrouens weg en staan by die deur
As hulle ou Jan sien kan niks hulle keer
Jan, Jan, Jan, die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan, die man van staal
Jan, Jan, Jan, die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
RONDOMTALIETYD
Dis weer vakansietyd
Dis rondomtalie draai
Ek gaan lekker visvang
In die hoek van die baai
Waar die sonstrale lekker
Op my rug kan brand
Waar ek drome kan droom
Met my tone in die sand
En nog ‘n dag is oor
En die blink son sak
En ek dink aan daai onnie
Met sy swart lang lat
Hy sê staan op sit stil boeke oop leer jou les
Oe-la-la-la
Oe-la-la-la
As jy weer laat kom kry jy ses van die bestes
Oe-la-la-la
Oe-la-la-la
Dis weer vakansietyd
Dis rondomtalie draai
En ek ry my fiets
En ek maak lawaai
Waar die sonstrale
Lekker op my rug kan brand
Waar ek drome kan droom
Met my tone in die sand
Of skuil in ‘n grot
Uit die pad van die weer
En ek lag hardop
Want ek hoor meneer
Hy sê staan op sit stil boeke oop leer jou les
Oe-la-la-la
Oe-la-la-la
As jy weer laat kom kry jy ses van die bestes
Oe-la-la-la
Oe-la-la-la
WANDELLIED
As ek moeg word vir die lewe in die stad
Lok my die wandelpad
As ek moeg word vir die lewe in die stad
Lok my die wandelpad
In die veld pluk ek ‘n wandelstaf
Van die naaste doringboompie af
En sing my wandellied
En sing my wandellied
SARAH DE JAGER
By myl 61 ja, daar draai jy af
En dan vat jy die pad na die see
Hier lê die visplek van Sarah de Jager
Aan die Weskus van Namibië
Sarah de Jager was so sterk soos ‘n bees
Met haar viskeps en kakibroek
Om haar te sien visvang is vissermansgees
Want die visse baklei vir haar hoek
Sarah, Sarah de Jager
Hierdie visplek van jou is vol vet kabeljou
En die steenbras en galjoene laat waai
Aan die kus noord van Hentiesbaai
Vanaand as die son in die branders gaan slaap
En die koue sak toe oor die kus
Dan sit die manne by die vure en gaap
En hul spog oor die grootste vis
Maar Sarah de Jager spook die hele nag deur
In die droom van ‘n visserman
Want hier langs die Weskus is daar niemand meer
Wat ‘n kneuwel soos sy kan vang
Sarah, Sarah de Jager
Hierdie visplek van jou is vol vet kabeljou
En die steenbras en galjoene laat waai
Aan die kus noord van Hentiesbaai
Sarah, o Sarah de Jager
Sarah de Jager
SUIKERBOS
Suikerbos ek wil jou hê
Suikerbos ek wil jou hê
Suikerbos ek wil jou hê
Wat sal jou mamma daarvan sê
Dan loop ons so onder deur die maan
Dan loop ons so onder deur die maan
Dan loop ons so onder deur die maan
Ek en my Suikerbossie saam
RAMAJA
Ramaja, sy naam is Ramaja
Hy kom uit Afrika
Ek wil hom gunste vra
Wow wow wow
Ramaja, toordokter Ramaja
Sal jy vir my kan sê
Waar die liefde lê
Tjiekie brr mpaba as jy dolos gooi
La - la - la - la - la - la
Tjiekie brr mpaba om die vure rooi
La - la - la - la - la - la
Vra die geeste om te bewaar
Hou hom weg van alle gevaar
Ek voel so koud, hy’s my behoud
Bring hom terug na my
Ramaja, toordokter Ramaja
Sal jy vir my kan sê
Hoe ver die liefde lê
Wow wow wow
Ramaja, jou naam is Ramaja
Jy kom uit Afrika
Ek wil jou vra
Jy kom uit Afrika
Ek wil jou vra
Composer: FRANCOIS HAYES/REGEL/SIMONE TOMASSINI/TRADITIONAL/TRADITIONAL ARRANGEMENT (SA)/UNKNOWN/VAN RENSBURG