Anneli van Rooyen - Rooi Kitaar (Key: OR Fmaj)
Title: Rooi Kitaar
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anneli van Rooyen
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
More info: Anneli van Rooyen se besonderse stem het haar een van die gewildste plaaslike sangeresse gemaak. Sy skryf self musiek en die tere liefdeslied, uitbundige vreugdeslied en ballade is haar forté. Anneli het 16 albums vrygestel vanaf 1980.
Lyrics: Yes
Elke Nuwejaar net na die Kersgety
Kom 'n donkiekar-drywer deur ons dorpie gery
Dan drom die mense almal op die markplein saam
En hul groet met die hand en ook by die naam
Donkie staan en kou in die skadu van 'n boom
En eenkant brand 'n vuurtjie waar die koffie stoom
Agter op die wa lê die goeters deurmekaar
Maar iewers in die bondel is sy Rooi Kitaar
REFREIN:
Hey, liedjieskrywer, donkiekar-drywer
Tokkel nog 'n deuntjie op jou Rooi Kitaar
Maak jou eie woorde, en 'n paar akkoorde
Maak dit lekker, lekker op die Nuwejaar
Hey, liedjieskrywer, donkiekar-drywer
Roer die klikkelklanke van jou Rooi kitaar
Vertel ons nog 'n storie van hartseer en van glorie
Vertel ons van jou planne vir die Nuwejaar
Hy skryf die mooiste liedjies van die oorlogstyd
Van Boere en van Kakies en Haar Majesteit
Die ouers dink dis leuens maar die kinders glo dis waar
Want hulle sien 'n sprokie in die Rooi Kitaar
Terwyl hy sing en speel dans die mense vrolik rond
Maar niemand merk die hoedjie eenkant op die grond
Niemand sien die vrae in die oë wat staar
Want almal word betower deur die Rooi Kitaar
Herhaal REFREIN:
Die wa is reeds gepak, want die ure tik verby
Die middagson sit hoog hy moet verder ry
Niemand vra hom ooit waar hy kom of gaan
En niemand soek 'n rede vir sy afskeidstraan
REFREIN:
Hei, liedjieskrywer, donkiekar-drywer
Tokkel nog 'n deuntjie op jou Rooi Kitaar
Bly 'n rukkie langer, jy's die beste sanger
Maak dit lekker lekker op die Nuwejaar
Hei, liedjieskrywer, donkiekar-drywer
Dankie vir die liedjies en die Rooi Kitaar
Dankie vir die woorde en die mooi akkoorde
Alles van die beste vir die Nuwejaar
Alles van die beste vir die Nuwejaar!
Composer: R. LENNOX (MACVILLA)