Anneli van Rooyen - Sewe Sakke Sout (Key: OR Cmaj)
Title: Sewe Sakke Sout
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anneli van Rooyen
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
More info: Anneli van Rooyen se besonderse stem het haar een van die gewildste plaaslike sangeresse gemaak. Sy skryf self musiek en die tere liefdeslied, uitbundige vreugdeslied en ballade is haar forté. Anneli het 16 albums vrygestel vanaf 1980.
Lyrics: Yes
Sannie het gesukkel om ‘n S te sê
want Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê
maar Sannie het besluit om ‘n pla te maak
en eendag loop sy hierdie lekker rympie raak
KOOR:
En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout sleep
sonder Sannie sê sus Sannie sleep swaar
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
sewe sakke sout is swaar sowaar.
Sannie het geoefen en haar bes probeer
en eendag slaan daar werklik nog ‘n klankie deur
Sy hardloop na haar Mammie en die luister vies
want Sannie druk haar tongetjie nou vas in haar kies
KOOR:
Juffrou het geweet wat die beste sou wees
om spraaklesse te neem sou die kwaal genees
Gou het sy geleer om soos ‘n slang te maak
maar iewers het haar tongetjie weer vasgehak
KOOR:
Sannie is nou groot, het ‘n kêrel gekry
Sannie het gewoeker met die soenery
Die liefde is blind of is dit dalk nie
Vir Sannie was die liefde die net die regte terapie.
KOOR:
Sannie het getrou en was in haar skik
Drie kinders is gebore uit die huwelik
Maar toe die kinders praat was haar hart so seer
Want oor en oor moes sy die rympie leer
KOOR:
Sarel sê Sarel sal sewe sakke sout sleep
Gustav sê Gustaf sal sewe sakke sout sleep
Stefan sê Stefan sal sewe sakke sout sleep
Die hele dag lank hoor sy ss, sjj, pshh!
Composer: R. LENNOX (MAC-VILLA MUSIEK)